Dit is nie wat jy weet nie, maar wie jy ken wat gewoonlik die verskil maak. Die ook volgens my die rede hoekom ons almal een of ander tyd dieselfde ketting-eposse ontvang. Sannie stuur die epos vir Jannie, Jannie stuur die epos vir Koos en Koos stuur dit vir my en ek stuur dit vir jou. Voila, die sirkel is voltooi en ons lees almal dieselfde epos.
Kruks van die saak is dat julle dalk al die volgende gedagtes iewers op ‘n epos raak gelees het, maar dit is tog die moeite werd om dit weer te lees.
1. Verstaan dat geluk nie op besittings, mag en prestige gegrond is nie, maar op jou verhoudings met mense wat jy liefhet en respekteer.
2. Doen werk waarvan jy hou en wat jou tyd en talente waardig is.
3. Gee vir mense meer as wat hulle verwag en doen dit met ‘n glimlag.
4. Word die mees positiewe en entoesiastiese mens wat jy ken.
5. Behandel almal wat jy ontmoet soos jy graag behandel wil word.
6. Verbind jouself om voortdurend te verbeter.
7. Wees lojaal, eerlik en selfgemotiveerd.
8. Disiplineer jouself om geld te spaar al verdien jy hoe min.
9. Hou op om ander te blameer en neem verantwoordelikheid vir elke aspek van jou lewe.
10. Wees dapper en moedig. As jy terugkyk na jou lewe gaan jy jammerder wees vir die dinge wat jy nie gedoen het nie as die dinge wat jy wel gedoen het.
Wonder kommentaar