Robbie Wessels sing in een van sy liedjies van “liewe ouers” – wel, vandag wil ek sê – liewe ouers maar die jaar het vinnig begin! Ek sukkel nog om van die nuwe jaar blues ontslae te raak en te besluit oor alles wat ek hierdie jaar wil doen en so warrel die eerste 2 weke verby.
Hier is my mantra vir hierdie jaar:
1. Prikkel jou brein – sit af die televisie, lees meer, voer interessante gesprekke, dink ‘n bietjie, doen ‘n paar blokkieraaisels of speel kaart of Suduko – enige iets wat die grysstof so bietjie laat bokspring in hulle skuiling hier aan die bokant van jou lyf.
2. Eet lekker maar gesond – die lewe is te kort om te probeer leef van water en rys alleen, probeer nuwe respete, eet meer groente, vrugte, vesels en vis, maar bederf jouself ook met smelt-in-die-mond-en-toon-omkrul lekkernye vir wanneer daar ‘n geleentheid is om te vier - belangrikste is om die balans te onthou.
3. Wikkel daai boude – gaan stap met die honde, klim die trappe na jou kantoor op die 5de verdieping, sit ekstra woema in agter die stoot van die grassnyer of stofsuier, gebruik vir ‘n slag jou gym lidmaatskap, swem, dans – enige iets wat die bloedselle so bietjie laat bruis deur die nou gange van jou are.
4. Maak ‘n verskil in iemand anders se lewe – gaan kuier by die oumense van die tehuis in die buurt, pas iemand se kinders op sodat die ma vir ‘n slag haar hare kan doen, glimlag vir die bedelaar en gaan koop ‘n brood vir hom/haar, skenk geld vir liefdadigheid, gaan gee die DBV se diere kos, wees entoesiasties oor ander mense se drome, luister behoorlik, gee iemand ‘n drukkie, wees daar in tye van nood – daar is soveel moontlikhede, sommige groot sommige klein, die een net so belangrik soos die ander.
5. Aanvaar ‘n uitdaging – hardloop ‘n maraton, klim ‘n berg, skud die ekstra ponde af, leer ‘n nuwe taal, skryf ‘n boek, gaan op reis, spaar geld, drink minder, hou op rook, beheer jou humeur of soek ‘n nuwe werk - elkeen van ons weet watter dinge in ons lewe kom van self en watter is werklik ‘n uitdaging.
So daar het julle dit nou, liewer laat as nooit – Januarie is darem nog nie verby nie so dit is nou my stuiwer in die ambeurs op die nuwe jaar en sy voornemens.
Tags: Algemeen, Dieper denke
Welkom in 2011
Ek is vasbeslote om die jaar nie my mond aan vissmeer te sit nie. Ek twyfel of ek in die versoeking sal kom, ek HAAT vissmeer.
Moet nommer 6 nie wees kry ‘n baba nie?
Hi Xena, mooi jaar vir jou! Die vissmeer pas beslis nie in by my nommer 2 nie so ek gaan ook nie my mond daaraan sit nie
En wat die baba betref – ek dink dit pas dalk in by nommer 5???? 2011 gaan beslis interessant wees…..
XP….jy moet jou nou so inwurm met die baba komplot.
Knipoog…wil jy ons iets vertel.
Ek is van plan om die jaar die vissmeer bottel altyd leeg te lek. Ok, leeg te maak, die laaste ou strepe in die potjie met my vinger uit te kry. Die kat kan nie alles kry nie.
@Olga – ek kan net sê – lek net mooi!
@Gogga – ek het nog nie besluit of dit my uitdaging is vir die jaar nie……maar sal laat weet as ek sag raak