Ek wonder…..

Ek is al gewoond om een of ander kyk van Manlief, vriende of familie te kry wanneer ek ‘n gesprek begin met ”ek het gedink” of “ek het gewonder”……die rede – ek doen dit gereeld!  Maar my bedrading is nou maar eenmaal geweef om gedagtes heeldag te laat vorm oor die allerdaagse dinge in ons lewe, ervarings hier oorkant die water, toekomsplanne, kos-en-kuier, persoonlike wroegings, groot vraagstukke of sommer net koeitjies en kalfies.

Vandat ek ook my diep-denkende-dertigs bereik het, besef ek dat om meer seker te wees oor wie ek is, waarvan ek hou en waarheen ek oppad wil wees beteken nie noodwendig om minder te wonder nie. Veral nie as mens tydelik in Amsterdam bly en werk met die wete dat jy wel iewers in die nabye toekoms wil terugkeer na Afrika.

En in plaas van om alleen te wonder, het ek gedink dat hierdie blog dalk ander ook kan laat wonder of vir my kan help met my ewigdurige gewonder. En wie weet, dalk bring my wonderstories ‘n glimlag in die hart, ‘n glasie sjampanje in die hand en ‘n gedagte in die kop dat die lewe is een groot fees – LEEF DIT!

En vir die van julle wat bietjie wil gesels – ek gesels graag. Noem my sommer Knipoog en laat waai.

6 Responses to “Ek wonder…..”

  1. stokstert Julie 6, 2010 at 1:58 nm #

    Baie welkom by WordPress. Jy het ‘n mooi en lekkerlees-blog. As jy dink om Kilimanjaro te gaan klim lees gerus my ervarings – http://stokstert.wordpress.com/category/kilimanjaro/

    • nlangenhoven Julie 6, 2010 at 2:05 nm #

      Dankie stokstert! Dit is presies hoe ek dit graag wil hê. Ek gaan beslis lees oor jou Kilimanjaro ervaring….en al die res…..fantasties om ‘n blog raak te loop wat in Afrikaans vanuit Nederland geskryf word.

  2. bloedbek Julie 8, 2010 at 2:32 nm #

    Ek wonder ook baie en wens ook natuurlik Nederland wen die sokker

    • nlangenhoven Julie 8, 2010 at 3:44 nm #

      Hi Bloedbek – altyd lekker van mense te hoor wat met dieselfde karaktereienskap “worstel”.

  3. ekisanna Julie 10, 2010 at 2:30 nm #

    Toe ek “Langenhoven” sien toe wonder ek… seker nie, dan weer, miskien tog… loop Liewe Neelsie se bloed al die pad Holland toe? Lekker gelees en sal beslis weer en weer kom kuier.

    • nlangenhoven Julie 11, 2010 at 11:50 vm #

      Hi ekisanna! Welkom en kom kuier asseblief gereeld. Ou Neelsie se bloed (alhoewel verlangs) is sowaar tydelik in Holland……kan net wens om in sy voetspore te kan loop – dalk moet ek nog ‘n glasie wyn drink :)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.